Johnny Otis

Johnny Otis
GeboortenaamIoannis Alexandes Veliotes
Gebore28 Desember 1921
Vallejo, CA, VSA
Sterf17 Januarie 2012
Los Angeles
GenresBlues, rhythm and blues, jazz, gospel, rock & roll, doo-wop, soul, funk
Beroep(e)Sanger, musikant, talentsoeker, platejoggie, komponis, bewerker, opnamekunstenaar, platemaker, vibrafonis, tromspeler, perkussionis, musiekgroepleier, impresario en predikant
InstrumenteKlavier, vibrafoon, tromme, slaginstrumente, stem
Jare aktief1930's tot 2000's
Webwerfjohnnyotisworld.com

Ioannis Alexandres Veliotes, beter bekend onder sy kunstenaarsnaam Johnny Otis ( * 28 Desember 1921 in Vallejo, Kalifornië, VSA; † 17 Januarie 2012 in Los Angeles), was 'n Amerikaanse sanger, musikant, talentsoeker, platejoggie, komponis, bewerker, opnamekunstenaar, platemaker, vibrafonis, tromspeler, perkussionis, musiekgroepleier, impresario en predikant. Na Otis, wat as seun van Griekse immigrante gebore is, word dikwels as die "Godfather of Rhythm and Blues" verwys.[1]

Johnny Otis was die eerste Amerikaanse musikant wat sy musiekgroep oor rassegrense heen saamgesnoer het. Hy was nog 'n tienerseun toe hy vir homself 'n belangrike besluit geneem het: "...toe die samelewing aan 'n mens voorgeskryf het dat hy òf swart òf wit moes wees, het ek besluit om 'n swarte te wees."[2] So het hy sy persoonlike en sy beroepslewe as 'n lid van die Afro-Amerikaanse gemeenskap gevoer.

  1. www.jazzecho.de: "Godfather of Rhyth and Blues im Alter von 90 Jahren verstorben
  2. Johnny Otis, met 'n voorwoord deur George Lipsitz: Listen to the Lambs, University of Minnesota Press 1968, bl. xiii

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy